En en jy (is lank reeds verby) is ’n intieme, akoestieke versameling van liedjies hoofsaaklik geïnspireerd deur die idees van konflik en kontras, sowel as die erkenning van die einde van ’n verhouding en ’n terugblik daarna na dit wat goed was.

This image has an empty alt attribute; its file name is IMG_9616-1024x682.jpg
Selfportret deur Floris Groenewald

Voorsanger Floris Groenewald het self die vervaardiging van die EP behartig, wat hoofsaaklik in sy slaapkamer-studio opgeneem is. Die trom-opnames deur Saul Nossel is ’n paar dae voor die inperkingstydperk opgeneem, en die res daartydens. Omdat die liedjies relatiewe persoonlike inhoud bevat, was dit gepas vir Floris om soveel as moontlik van die proses self te behartig. Later het ’n paar vriende hand bygesit, soos Franco Prinsloo wat klavier gespeel het vir ‘Jannie Totsiens’, en Jaco Mans se elektriese kitaar op ‘Soms’ en ‘Bitterliefde’.

“Ek dink die titel Ek en jy (is lank reeds verby) verteenwoordig die oorheersende idee van die kortspeler: die waardering en evaluering van ‘n verhouding, wat ook in kontras is met die besef dat dinge eindig, en dalk al langer gebreek was as wat jy aanvanklik besef het of wou erken. Die EP is nie net ‘n uitdrukking van emosies nie, maar ook ‘n soort persoonlike proses van terapie of verwerking.”

VOORSANGER FLORIS GROENEWALD

Die sirkel is voltooi met Saul Nossel wat die liedjies weer gemeng het, en toe is dit gemeester deur Peach van Pletzen by Planet Awesome. Floris beskryf die EP as “’n oop brief tussen my en jou (die luisteraar), waar ek idees deel, en jy hopelik iets herken.”

Tracks:

1. Linker Knie
2. Jannie Totsiens
3. Meisiekind
4. The Best Song I Ever Heard
5. Dromer
6. Soms (Kabaal/klankbaan)
7. Bitterliefde

Omslagkuns deur Vos & Ink.

Luister na Ek en Jy (is lank reeds verby) op jou gunsteling stroomplatform, maar kyk ook uit vir Hunted Women – die ander helfte van hierdie tweelingvrysteling.