Trieng trieng. Hallo, wie’s daar? Dis Kabaal klankbaan se nuwe album:
Ek’s Steeds Onstabiel
Onseker. Wisselvallig. Onstabiel. Angstig. Bang. Dit is maar hoe ons deesdae deur die lewe gaan. En met Ek’s Steeds Onstabiel wou Kabaal klankbaan ‘n prettige blik op daardie warboel fokus. Want hoekom moet jy nou, as jy in elk geval nie heel anderkant gaan uitkom nie, die lewe alleen en sonder pret aanpak?
Ek’s Steeds Onstabiel is die vierde* vollengte album deur die Pretoriase folkmusiekmasjien Kabaal klankbaan — maar hierdie keer ‘n bepaalde afwyking van die vorige folk-rock klanke. “Ek het doelgerig myself probeer uitdaag om so min as moontlik kitaar op die album te sit,” sê Floris Groenewald, die baard agter die band.
En met liedjietitels soos Stagefright, Angs, Warrels, Vanoggend in my Kop, Die Duister In, Die Dinge in My Kop, en Stilswye kan mens sien die geestes-Zeitgeist is heel bo op die agenda. Daarby bevat Ek’s Steeds Onstabiel ook heelwat covers – Kabaal klankbaan doen eie interpretasies van Chris Chameleon se Stapelgek, The Black Keys se Little Black Submarines, Eels se Agony, en Puretone se Addicted to Bass.
“Dis half-album, half mix CD,” sê Floris. “Ek hou nog altyd daarvan om ander mense se liedjies bymekaar te sit op ‘n playlist of mix en ‘n nuwe storie te vertel deur bestaande liedjies in ‘n vars konteks te plaas. Hier doen ek dit nou net met my eie asook ander skrywers se woorde.”
Die uitreiking van hierdie album is moontlik gemaak deur SAMRO se Music Creation Support Fund – wat finansieel bydra om musiekprojekte te realiseer.
Trieng trieng.
Omslagkuns deur Maggie de Vos.
Tracks:
1. One Good Choice
2. Stilswye (feat. Jaco van der Merwe)
3. Stagefright (Self-help rock remix, feat. King Nqoba & Gil Hockman)
4. Little Black Submarines
5. Angs
6. Agony
7. Stapelgek
8. Skaam Deel 2: Dapper
9. Vanoggend In My kop (feat. Nina Kajee)
10. Addicted to Bass
11. Die Dinge in my Kop
12. Die Duister In (feat. Nina Kajee)
Ek’s Steeds Onstabiel word 17 November 2023 op stroomplatforms uitgereik. Pre-save nou al op Spotify deur hier te kliek.
*Ek’s Steeds Onstabiel is die vierde Kabaal klankbaan album, indien jy tel soos ons tel, en die 2021 dubbel-kortspeler versameling Ek en Jy (Is Lank Reeds Verby) en Hunted Woman gesamentlik as album #3 tel.