As jy nie aan ‘n beter geskenk kan dink as ‘n Kabaal klankbaan konsert nie, het ek goeie nuus vir jou: Dis krismis in Julie!
Hierdie Julie loop daar konserte by my ore uit. Kyk net:
- 3 Julie: Picnic at the Barn by The Climbing Barn: ‘n Heerlike, rustige, familievriendelike piekniek met lewendige musiek deur Kabaal klankbaan, Roan van As, en DJ Baas de Beer. R50 toegang.
- 9 Julie: PTA vs. JHB : Final Round part 2 by Railways Cafe: Bobbejaan en “We did this” Records bied ‘n vriendelike rondte aan waar ‘n paar Johannesburgers op ons tuisveld kom speel. Kabaal klankbaan, Slippery when wet, en Monday Morning Justice. R30 toegang.
- 16 Julie: Sinkshack in Bronkhorstspruit: ‘n Aangename Saterdagaand by ons gunsteling plek anderkant Donkerhoek. Geen toegangsfooi. Heerlike kos en bier.
- 17 Julie: Otterlake German Restaurant in Roodeplaat. ‘n Lekker Sondagmiddag met heerlike Duitse kos. Hulle het natuurlik bier ook. Geen toegangsfooi.
- 23 Julie: Wêreld Records se Winter & Wine (mostly) Acoustic Sessions by Pop Filter Studios in Waterkloof Glen. Met Kabaal klankbaan en Liesbet Grey featuring Ola Kobak.
Dan gaan ek ook bietjie vakansie hou:
- 3 Aug: Alma Cafe, Rosebank, Kaapstad
- 6 Aug: Perigators, Pringlebaai
Sien jou daar!
PS. Hier’s ‘n foto van my saam met ‘n oulike hond: (Christelle Duvenage het die foto geneem en die hond grootgemaak)